Ewebeeld

Ewebeeld Lanie du Toit kom te laat agter dat die sprokie waarin sy haar bevind niks met Aspoestertjie te doen het nie maar alles met Bloubaard en Rapunzel En die vooruitsig op n sprokieseinde ontbreek skrome

  • Title: Ewebeeld
  • Author: Chanette Paul
  • ISBN: 9780799372144
  • Page: 221
  • Format: Paperback
  • Lanie du Toit kom te laat agter dat die sprokie waarin sy haar bevind, niks met Aspoestertjie te doen het nie, maar alles met Bloubaard en Rapunzel En die vooruitsig op n sprokieseinde ontbreek skromelik.

    One thought on “Ewebeeld”

    1. Chanette Paul is nie verniet 'n gewilde en geliefde skrywer nie. Van haar verwag die leser eg menslike karakters waarmee jy kan identifiseer, 'n stewige, onvoorspelbare plot en flytige woordspel. Sy vervleg verskeie sprokies (soos Bloubaard) en verhale uit die mitologie met groot sukses in Ewebeeld. Ek het die uitbeelding van huishoudelike mishandeling (fisies sowel as emosioneel), die aftakeling van 'n vrou en die swaarkry proses van heling en die hertoe-eiening van jou eie waarde, menswees en [...]

    2. Nog 'n uitstekende boek van 'n meester storieverteller. Chanette het 'n manier om 'n karakters so uit te beeld dat jy jouself in die karakter se skoene kan plaas(en verloor) dat elke emosie en ervaring eie word met jouself.

    3. Interessante omgewings het tema van gevangenskap & vryheid goed beklemtoon. Diep en duidelike karakters. Spannend!

    4. Chanette Paul boek = Wenner. Chanette het die vermoë om die leser in te trek en vasgenael te hou, tot die laaste bladsy.

    5. Was n fantastiese boek. Het my geboei tot op die laaste bladsy. Storie was uit die boonste rakke. Kan nie wag om my volgende Chanette Paul boek te verslint nie.

    6. Uiteindelik kan ek saampraat oor die dawerende sukses wat Ewebeeld was toe dit in 2014 uitgegee is, en in 2015 herdruk is. Ludolf von Fürstenberg se karakter en optrede word donkerder soos die verhaal ontplooi, terwyl die nagmerrie waarin Lanie en Roux hulself bevind, dieper en meer hulpeloos word. Tot so ’n mate dat ek nie kon voorsien hoe Chanette Paul die karakters uit die web van bedrog, manupilasie en moord gaan losskryf nie. Ek het telkens byna uit die oog verloor dat dit fiksie is, wan [...]

    7. Ek het gesukkel om aan die gang te kom, vasgehak by bl.114. Het makliker gegaan teen die einde.Niks van die Ludolf karakter gehou van die begin van die boek nie.

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *